” Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge Vergewe kragtens die ryke genade van God.”
Efesiërs 1:7
God is genadig en die toonbeeld van liefde, dit roep ons om ook liefdevol en genadig te wees. NG Gemeente Meiringspark, in Klersdorp, oordeel en diskrimineer nie teen mense nie en verwelkom almal wat Christus as sy Saligmaker bely om in ons gemeenskap en gemeente tot diens van God se koninkryk te wees.
Ons is ‘n lewendige gemeenskap van gelowiges wat bymekaarkom om God te aanbid, in geloof te groei en ons naaste te dien. Ons kerk is daartoe verbind om die goeie nuus van Jesus Christus te deel en ‘n positiewe impak in ons gemeenskap te maak.
Ons glo dat die Bybel die geïnspireerde woord van God en die uiteindelike gesag vir ons geloof en praktyk is. Ons streef daarna om Jesus te volg in alles wat ons doen en streef daarna om Sy leering in ons daaglikse lewe uit te leef.
Ons verwelkom jou om by ons aan te sluit vir aanbidding en deel te word van ons kerk familie.
Die Here vertrou my met die uitdagende voorreg om as emeritus-leraar by Meiringspark Gemeente in diens te wees, asook by Klerksdorp-Suidheuwels en Skoonspruit. Verder is ek ‘n Geregistreerde Sielkundig-Pastorale berader wat gemeentelede graag op versoek (gratis) bystaan, sodat hulle, hul emosionele en geestelike doelwitte kan bereik om te groei tot volwaardige volgelinge van Jesus Christus in woord en daad.
Die Here het my geseën met ‘n liefdevolle en ondersteunende lewensmaat, Cornelia, wat my opgewondenheid oor die bediening en berading deel. Ons dogter en seun het albei hul tersiëre studies voltooi, is getroud en is saam met hul lewensmaats elders gevestig. Ons is geseën met een kleindogter, wat ons lewens verder verryk.
My passie vir my lewe, bediening en Woordverkondiging vind ek in die woorde van 1 Kor. 2:2-5: “Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom. Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God.”
Erediens • 08:30
Kategese • 09:30
Kinderkerk • 08:30
NG Meiringspark fokus op voor- & laerskoolkinders vir ons Kinderkerk. Daar word gepoog om die kinders op hulle verstaansvlak met die goeie nuus van Jesus se liefde vir hulle te bedien. Die geleentheid word ook sodanig ingeklee dat kinders van die aktiwiteite wat in die gewone erediens plaasvind ook in die kinderdiens terug vind. Twee jong vroue, wat self ook kinders het, uit die gemeente is verantwoordelik vir die toesig en vir die aanbied van die lesmateriaal.
Die byeenkomste vind plaas tydens die erediens, (uitgesluit Nagmaalsgeleenthede) in die kinderkerk kamer, tydens die erediens.
Om die kinders van kleins af te leer van Jesus se liefde en genade. Om kerk toe te kom en om Jesus te dien en ook vir Jesus lief te wees.
Maar Jesus het die kindertjies nader geroep en gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” Lukas 18:16-17










Word elke Sondag uitgegee, met Verjaarsdae van die komende week, Voorbidding, Ietsie van Alles – inligting oor opkomende dienste, nagmaal, projekte ens.
Kom laaste Sondag van die maand uit. Die adverteerder betaal slegs R50 vir n blokkie.
Kontak Corrie Kerkkantoor:
Die 2 Rooihoede wat direk na die erediens by die deure beskikbaar is, se kollekte sal aangewend word vir die instandhouding van die Kerk se terrein.
Daar word op die oomblik vir twee huis gesinne gesorg
Baie dankie vir elkeen wat bydra tot ons koskas. Dit word opreg waardeer. Die nood is ongelukkig nie verby nie en u word steeds versoek om onbederfbare kosse, badseep,
wasgoedseep, tandepaste en derglike skoonmaakmiddels aan die kerkkantoor te besorg.
Elke einde van die maand verkoop die kerk heerlike kerrie & rys, asook koffie, cupaccino & tee, by Pick ʼn Pay Hyper. Indien u wil deel word van ons Vrouediens skakel asseblief vir
Lizette Mulder 072 307 3295
Natuurlik is die man’s meer as welkom om ook in te skakel.
Een van ons gemeente se waardes is “Omgee”. Daarom het ons verskeie aksies, waardeur ons die nood van mense in ons omgewing verlig. Ons hoop jy sal deel raak van hierdie groot werk.
Meer as ooit in die storie van die gemeente benodig ons jou hulp om ‘n groter impak te maak.
NG Kerk Meiringspark het ‘n saal wat op weeksdae en Saterdae gehuur kan word met fasiliteite soos ‘n instap vrieskas en het ook tafels, stoele en eetgerei beskikbaar. Vir meer inligting rakende die beskikbaarheid van die saal asook die tarriewe, kontak gerus ons kerkkantoor op Maandag, Woensdag en Donderdag vanaf 08:00 – 12:00.
Dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het, om hierdie diens aan ons gemeenskap te lewer.
Baie dankie dat u bereid is om ‘n bydrae te maak tot die groei en uitbou van ons gemeente se bedieninge en betrokkenheid in die gemeenskap. Opoffering is een van die dissiplines wat ons help om meer van God se teenwoordigheid te beleef. Daarom is ons finansiële bydraes meer as net geld om maar net dinge aan die loop te hou – dit vorm ons as burgers van God se Koninkryk.
Bank besonderhede: ABSA Tjek rekening: 950 580 097, Takkode: 632005
Gebruik asseblief u Naam, Van en maand as verwysing. Indien u onseker is van by watter wyk u in skakel, kontak ons kerkkantoor of stuur vir ons ‘n e-pos en ons sal dit graag aan u voorsien.
As u enige vrae het, of meer inligting rakende NG Gemeente Meiringspark in Klerksdorp, wil ontvang, kontak ons gerus.
Ja Ds Elmar Le Grange kan gekontak word.
Ja Ds Elmar Le Grange kan gekontak word..
Ja kan selfs hulle eie predikant gebruik. Net die koster en as hulle van die orrellis wil gebruik maak(kan eie orrellis gebruik) moet betaal word.
Ja. Ons het ook ʼn gedenktuin, as die persoon veras word en vekoop nissies. Daar is selfs lidmate wat nog lewe wat alreeds hulle plekkies gekoop het.
Ja, hy bied reeds nou volwasse kategese aan as daar iemand is wat belangstel en nog nie aangeneem en voorgestel is nie.
Vind plaas elke Woensdag oggend 9uur, by Tannie Engel Dahms se huis.
Ons het WhatsApp groepe: Meiringspark Vrouediens, NG Meiringspark Manne en dan Gemeente(S) Boodskappe. Elke Donderdag stuur ek die verjaarsdae van die volgende week uit, asook die voorbidding en as daar iets is waarvan die Gemeente moet kennis neem.
Kontak Kerkkantoor, vir plasing in kontakblad en op kerk groep.